Reis door Zuid-AfrikaIn 2005 hebben we in juli een rondreis door Zuid-Afrika afgelegd met een safari bus. We waren eerst een week in Johannesburg, waar onze dochter Jodie toen woonde. Daarna gingen we rond, van Pretoria, Krugerpark, Sint Lucia Durban, Addo Olifantenpark, Tstitsikamma, Oudtshoorn, Hermanus Stellenbosch en Kaapstad. Hieronder staan eerst foto's van de eerste week in Johannesburg. Andere foto's komen nog. |
N o u Dit is noù tyd Een mooi gebaar Marius Titus |
N u Het is nu de tijd Een mooi gebaar |
Die land van die Reënboognasie waar die slagspreuk "Eenheid in Diversiteit" geld, vier op 27 April 2005 sy 11de Jaar van Demokrasie.
Die Vise-President
van Suid-Afrika, Jacob Zuma , het alle landgenote opgeroep om vertroud
te raak met die drie nasionale simbole, dit te koester en in die daaglikse
lewe ook volgens die boodskap daarvan te handel.
Volgens hom is die simbole 'n weerspieëling van die siel van
die land, die aspirasies van die bevolking en dien dit as 'n kragtige
middel om mense rondom dieselfde waardes en ideale te verenig.
Die drie simbole wat verder aan belig sal word, is die Volkslied,
die Vlag en die Wapen.Sedert
27 April 1994 is 'n nuwe sosio-politieke bedeling gevestig wat daarop
gerig is om vorm en gestalte te gee aan nasiebou en nasionale versoening.
Die ideale word integraal verwesenlik in vryheid, demokrasie, deursigtigheid
en die herstel van die fundamentele menswaardigheid en trots op die
eie Afrika-erfenis.
Die nuwe nasiebou word ook gesimboliseer in die diversiteit van die
bevolking met 'n gedeelde identiteit en 'n gemeenskaplike patriotisme.
Die Regering het inmiddels verseker dat alle leerlinge op skool vertroud raak met die drie nasionale simbole en daar is ook 'n spesiale handleiding daaroor opgestel wat gerig is op die res van die bevolking.
Die Volkslied
Die Volkslied van Suid-Afrika verenig almal saam in 'n liefde vir
die land en 'n samentlike hoop, geloof, lojaliteit en respek. Dit
is 'n kombinasie van 'Nkosi Sikelel' iAfrika', 'Die Stem' en 'The
Call of South Africa'.
(Die Stem van Suid-Afrika was het volkslied tijdens het apartheidsregime in het land, Nkosi sikelel' iAfrika was een populair lied van de ondergrondse vrijheidsbeweging. In 1994 verklaarde toenmalig staatspresident F.W. de Klerk beide liederen tot officieel volkslied. In 1997 werd in de nieuwe grondwet de huidige tekst tot officieel volkslied uitgeroepen. Het is een verkorte en gecombineerde versie van de beide liederen, met een nieuw geschreven Engelstalige tekst. Het bevat woorden van vier van de elf officiële talen van Zuid-Afrika.)
Xhosa
Nkosi sikelel' iAfrika
Maluphakanyisw' uphondo lwayo,
Yizwa imithandazo yethu,
Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo.
Sesotho
Morena boloka setjhaba sa heso,
O fedise dintwa le matshwenyeho,
O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,
Setjhaba sa South Afrika - South Afrika.
Afrikaans
Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes,
Waar die kranse antwoord gee,
Engels
Sounds the call to come together,
And united we shall stand,
Let us live and strive for freedom,
In South Africa our land.
Die Vlag
Op 27 April 1994, kort na middernag met die geboorte van die Nuwe
Suid-Afrika, is die nuwe vlag vir die eerste keer gehys.
Betekenis
van die vlag
Toe die nuwe vlag ontwerp is, was dit spesifiek genoem dat die kleure
geen amptelike betekenis of simboliek het nie, afgesien van hulle
gebruik in die verlede.
In onlangse tye is 'n nie-amptelike konsensus bereik in terme van 'n aanvaarde betekenis van die vlag en sy kleure:
Die gaffel (Y) verteenwoordig die samekoms as 'n verenigde nasie.
Rooi vir bloedgieting
Blou vir oop blou lug
Groen vir die land
Swart vir die swart mense
Wit vir die Europese mense
Geel vir die natuurlike hulpbronne, soos goud

Die nuwe landswapen laat
die tonge letterlik klap en knoop met die uitspreek van die bewoorde
leuse: "!ke e: /xarra //ke" - uit die uitgestorwe Khoisan-taal
/Xam (Hottentotte en Boesmans).
Die bogenoemde uitsonderlike leuse wat letterlik "diverse mense
verenig" beteken, simboliseer die nuwe Suid-Afrika met die strewe
om eenheid na te streef binne die diversiteit van sy multikulturele
gemeenskap.
Die nuwe embleem met opvallende kleurskakerings toon twee Khoisan-figure wat hande inmekaar slaan en omring word deur vier olifanttande en twee koringare.
Bo die twee figure kruis 'n knopkierie en assegaai mekaar onder 'n protea en 'n sekretarisvoël met uitgestrekte vlerke en heel bo 'n opkomende son.
Aanvanklik soos verwag kon word, was daar uiteenlopende reaksies en kritiek van die algemene publiek, maar die meeste mense het intussen tog met trots hul nuwe nasionale embleem aanvaar.
Die klaptong-taalgebruik word vandag nog onder die sprekers van isiXhosa gevind en natuurlik in die klein minderheidsgemeenskap van die Boesmans (bosjesmannen).
Links:
Afrika-Vereniging van de Universiteit Gent